Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARLNUUS, 23 SEPTEMBER 2012

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Om te luister na 'n web-stroom, besoek www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels vir meer inligting. Vir oudio via Echolink, verbinding met ZS0JPL-R.

U kan hierdie en vorige bulletins van www.sarl.org.za aflaai en ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser vanoggend is (naam), (roepsein), op 145,725 en 7 066 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander om te pas).

STIL SLEUTELS

Dit is met leedwese dat bekend gemaak moet word dat die sleutels van twee radioamateurs onlangs stil geraak het. Hulle is:

Die van Rowan Baumgarten, ZS6BIB, op 15 September. Rowan was 'n gerespekteerde lid van die Alberton Amateurradioklub. Hy het amateurradio by Jota, Scopex, Oorlogsmuseum, lugskoue en waar ook al bevorder en hy was deel van die ‘RP Foundations’ fietsryklub en het vir 18 jaar in die leiervoertuig as kommentator gery.

Die van Martin Harper, ZS6MSG, voorheen ZS5VO, het op 17 September stil geraak. Martin was 'n aktiewe Hamnetlid.

Ons innige meegevoel aan die familie en vriende van die oorledenes.

(POUSE)

In die nuus vandag:

ERFENISDAGNAELLOOP

RADIOTEGNOLOGIE-IN-AKSIE SIMPOSIUM

MTN RADIOAMATEUR VAN DIE JAAR TOEKENNINGS

VOORUITSKOUIING NA WRC-15

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items

ERFENISDAGNAELLOO

Die doel is om met aktiwiteit op 40 m-band op 24 September openbare betrekkinge te bevorder met betrekking tot die verskillende erfenisterreine in Suid-Afrika. Aktiwiteit begin om 10:00 UTC en eindig om 13:00 UTC (12:00-15:00 SAT. Frekwensies kan alleenlik as volg gebruik word: GG, 7 000-7 025 kHz, spraak, 7 060-7 100 kHz en 7 130-7 200 kHz en 'n maksimum uitsetkrag van 100 W word toegelaat.

Die roepsein, RST-seinverslag, 'n reeksnommer beginnende by 001 en 'n letter wat die stasietipe aandui nl. B vir blokhuise, H vir ander erfenisterreine en G vir algemene stasies, word uitgeruil, by voorbeeld: 59 001 B. Vir stasies by blokhuise en erfenis terreine, is veldstasiereëls van toepassing ooreenkomstig die SARL se blou boek.

Puntetelling - GG - 12 punte vir elke kontak met 'n stasie op 'n Suid-Afrikaanse blokhuis of ander erfenisterrein en 4 punte vir elke ander stasie.

Spraakkontakte - 8 punte vir elke kontak met 'n stasie op 'n Suid-Afrikaanse blokhuis of ander erfenisterrein en 2 punte vir elke ander stasie.

Vermenigvuldiger - Blokhuis (B) en Erfenis (H)-stasies gebruik 'n vermenigvuldiger van 3 (x3) Algemene stasies (G) gebruik geen vermenigvuldiger nie. Elektroniese logstate word benodig en kan in enige standaard formaat of MS Excel ingedien word. Geen logstate op papier, geskandeerde beelde of PDF-lêers sal aanvaar word nie, behalwe as kontrole logstate. E-pos logstate na riaanzs4pr@gmail.com en stuur 'n afskrif aan fwolff@global.co.za.

Die sluitingsdatum vir die instuur van logstate is 9 Oktober 2012.

RADIOTEGNOLOGIE-IN-AKSIE SIMPOSIUM

Vooraf bespreking vir Kaapstad sluit Woensdagaand.

Die laaste in die 2012 reeks van die SARL se Radiotegnologie-in-Aksie simposiums word in Kaapstad op 29 September 2012 by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie Bellvillekampus gehou. Die volledige program en inskrywingsvorms is nou beskikbaar op die SARL se webwerf. Klik op RTA of die skakel in die nuusopdateringsentrum op die tuisblad.

Voorafbesprekings is belangrik vir die spysenieringreëlings en waarborg ook dat u die CD en die SDR-boustel by die vergadering sal kry. Voorafbespreking sluit op Woensdagaand. Daarna sal besprekings slegs op die dag van die simposium aanvaar word.

Die uitdaging is vir die Wes-Kaapse radioamateurs om die Gautengse rekord van byna 100 deelnemers te klop, voorafbesprekings nader nou die 50 merk. Maak asseblief gebruik van die voorafbesprekingfasiliteit en staan 'n kans om ‘n ARRL Basiese Antennaboek te wen. Die besprekingsvorm kan afgelaai word van die SARL se webwerf.

MTN RADIOAMATEUR VAN DIE JAAR TOEKENNINGS

Nominasies sluit op 5 Oktober.

Hier is 'n geleentheid om 'n radioamateur, wat 'n bydrae tot die amateurradio maak te erken. Daar is drie kategorieë:

GARTH MILNE TEGNIESE INNOVASIE TOEKENNING
Die toekenning word gemaak vir die ondersteuning, ontwikkeling en toepassing van tegnologiese innovasie in amateurradio in Suid-Afrika. Die ontvanger sal 'n persoon wees wat die gebruik van tegnologie in amateurradio op klubvlak, nasionaal, by skole of 'n tersiêre instelling bevorder.

MTN RADIOAMATEUR VAN DIE JAAR TOEKENNING
Die toekenning word gemaak vir die ondersteuning en ontwikkeling van die amateurradiodiens in Suid-Afrika, nie vir individuele prestasies soos DXCC en ander operasionele toekennings of wedstryde nie. Die ontvanger sal 'n persoon wees wat van sy of haar kundigheid en tyd gegee het tot die bevordering van amateurradio in Suid-Afrika.

MTN AMATEURRADIO VERDIENSTELIKHEIDSTOEKENNING
Jaarliks erken die Suid-Afrikaanse Amateurradio Ontwikkelingstrust is die diens van 'n radioamateur of 'n groep van radioamateurs vir diens aan die gemeenskap.

Gemeenskapsdiens kan hulp aan 'n gestremde radioamateur, kommunikasie-ondersteuning gedurende 'n sportgebeurtenis of 'n rampsituasie soos 'n padongeluk of 'n natuurramp soos 'n vloed, veldbrande of 'n aardbewing wees. Nominasies word ingewag vir 'n individu of 'n groep persone soos 'n radioklub, of 'n vereniging.

Nominasievorms is beskikbaar op www.amateurradio.org.za of deur die stuur van 'n versoek per e-pos aan saardt@intekom.co.za. Die sluitingsdatum vir nominasies is uitgestel tot 5 Oktober 2012.

NUWE QST BESTURENDE REDAKTEUR

Die ARRL het aangekondig dat boekredakteur, Becky Schoenfeld, W1BXY, bevorder is tot besturende redakteur van QST. Schoenfeld het meer as twee dekades ervaring van die publikasie.

Voor haar werk by die ARRL se hoofkantoor het Schoenfeld gedien as die senior redakteur van die tydskrif vir onderrig vir kleuters tot graad 8 en senior projekredakteur vir die handboekuitgewer Macmillan/McGraw-Hill. Sy is ook die stigter van die Amaranth tydskrif wat 'n hoogs suksesvolle poësietydskrif is.

W1BXY is in besit is van 'n Meestersgraad in Beeldende Kunste van Emerson-kollege en 'n Baccalaureus Artium van Fairfield Universiteit. Haar amateurradio aktiwiteite sluit in die jag van ruitverwysings ter verkryging van haar 6 meter VUCC-toekenning en DX-jag op 10 meter.

Schoenfeld hervul die pos wat voorheen beklee is deur Joel Kleinman, N1BKE, wat 'n paar weke gelede tragies in 'n huisbrand gesterf het.

VOORUITSKOUIING NA WRC-15

Uit 'n amateurradio perspektief, was die 2012 Wêreldradiokonferensie, WRC-12, baie suksesvol. Volgens IARU-sekretaris Rod Stafford, W6ROD,sal die Administratiewe Raad van die IARU in die volgende 45 dae byeenkom en sal die items op die agenda vir die 2015 Wêreldradiokonferensie bespreek met die oog op die bou van die beste strategie om te volg met dié agendaitems in 'n manier wat die mees gunstige is vir die amateurradiodiens.

WRC-15 Agenda Item 1.4 doen 'n beroep op die afgevaardigdes om " 'n moontlike nuwe toekenning aan die amateurdiens te oorweeg op 'n sekondêre basis in die band 5 250-5 450 kHz in ooreenstemming met Resolusie 649 (WRC-12)." Volgens Stafford, sal die IARU baie tyd en moeite spandeer om ondersteuning te werf en die aanvaarding van hierdie agendapunt te verseker.

Agenda Item 1.1 "oorweeg addisionele spektrumtoekennings tot die mobiele diens op 'n primêre basis en identifiseer bykomende frekwensiebande vir die Internasionale Mobiele Telekommunikasie (IMT) en verwante regulatoriese bepalings, om die ontwikkeling van landelike mobiele breëbandprogramme te fasiliteer, in ooreenstemming met Resolusie 233 (WRC-12)."

"Met blykbaar almal regoor die wêreld wat 'n mate van breëband toegang verkry, sal die soektog vir die radiospektrum om aan die die behoeftes vir mobiele konnektiwiteit voldoen sal selfs meer intens word soos WRC-15 nader kom, verduidelik Stafford." Nasionale telekommunikasieowerhede regoor die wêreld en die ITU is op soek na spektrum om die behoeftes vir mobiele verbindings te vul. Soos hierdie agendaitem ontwikkel, sal die IARU daar wees om die amateurradiospektrum te behou."

Ander WRC-15 items op die agenda wat noukeurig deur die IARU dopgehou sal word, sluit die volgende in:

Agenda Item 1.6.1: "Oorweeg die moontlike addisionele primêre toekennings aan die vaste satellietdiens (Aarde na die ruimte en ruimte-na-aarde) van 250 MHz in die spektrum tussen 10 GHz en 17 GHz in Streek 1."

Agenda Item 1.10: "Oorweeg spektrumvereistes en moontlike addisionele spektrumtoekennings vir die mobiele na satellietdiens in die Aarde na die ruimte en ruimte na aarde rigtings, met inbegrip van die satellietkomponent vir breëbandtoepassings, insluitende Internasionale Mobiele Telekommunikasie (IMT) binne die frekwensiebereik van 22 GHz tot 26 GHz, in ooreenstemming met Resolusie 234 van WRC-12."

Agenda Item 1.18: "Oorweeg 'n primêre toekenning aan die radio liggingsbepalingdiens vir voertuigtoepassings in die 77,5-78,0 GHz frekwensieband in ooreenstemming met Resolusie 654 van WRC-12."

"Baie radioamateurs is bewus van die toenemende gebruik van amateurspektrum deur klein satelliete, hoofsaaklik deur universiteite," het Stafford opgemerk. "Dit is steeds 'n toenemend moeilike toestand.”

Akkommodeer die aantal klein, nie-kommersiële satelliete binne die amateurbande. Hierdie opvoedkundig gebaseerde satelliete pas nie werklik in in die definisie van amateurdiens nie, maar was nog altyd daar geakkommodeer. Hierdie klein satelliete, met massas tussen 1 en 10 kg word as nanosatelliete beskou en ook picosatelliete, met massas minder as 1 kg. Die ITU poog om hierdie saak op 'n ordelike manier te hanteer en 'n ‘voorlopige’ WRC-18 agenda-item is om te oorweeg of hierdie satellietbedrywighede in 'n alreeds oorlaaide spektrum geakkommodeer kan word. Soos dinge ontwikkel sal die IARU sy ledeverenigings op hoogte van sake hou.

KOMPETISIENUUS

SARL 80 m KLUBKAMPIONSKAP

Op Woensdagaand 26 September sal die ESB-kompetisie van 17:30 tot 18:30 aan die gang wees. Die uitruiling is 'n RS-verslag en 'n volgnommer wat by 001 begin. U kan deelneem as 'n enkeloperateur- of multioperateurstasie met aktiwiteit op 3 600 tot 3 650 en 3 700 tot 3 750 kHz. Elke kontak tel net een punt.

Elke sessie is 'n kompetisie uit eie reg en logstate moet binne 7 dae na die kompetisie , dus om 23:59:59 op 3 Oktober aan zs4bfn@netactive.co.za gestuur wees.

GELUKWENSING AAN BERNIE, ZS4TX

Bernie van der Walt, ZS4TX, het met hoë krag aan die 2011 CQ WW DX GG-kompetisie deelgeneem en het 2 208 429 punte ingesamel. Hierdie puntetelling het verseker dat die Enkeloperateur, Enkelband, Wêreld 28 MHz-trofee aan Bernie toegeken is. Pragtig gedoen Bernie, veels geluk.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die sonaktiwiteitsvlak laag is. Tans is daar slegs 'n paar sonvlekke sigbaar. Hopelik sal die nuwe, reuse sonvlek 1 575 die sonaktiwiteitsvlakke in die komende weke bietjie lig.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 62.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m gebruik met 15 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 20 m net 'n kortkop agter behoort te wees. As gevolg van die laer sonaktiwiteit gaan 10 m openinge minder gereeld voorkom.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE
24 September – Dit is môre, Erfenisdagnaelloop van 12:00 tot 15:00 SAT.
26 September - SARL 80 m klubkampioenskap ESB-kompetisie van 17:30 tot 18:30.
29 September – Radiotegnologie-in-Aksie simposium in Kaapstad. Voorafbespreking sluit Woensdagaand.
29 September – Snuffelmark van die Wes-Rand amateurradioklub.
3 Oktober – Logstate vir die SARL 80 m klubkampioenskap ESB-kompetisie moet in wees na zs4bfn@netactive.co.za.
05 Oktober - Nominasies vir MTN geborgde SAARDT-toekennings in te wees na saardt@intekom.co.za.
09 Oktober - Erfenisdagnaelloop se logstate moet in wees na riaanzs4pr@gmail.com en fwolff@global.co.za.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang in te dien by radio amateurs en kortgolf-luisteraars. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans na www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u om te luister na Amateur Radio Vandag, elke Sondagoggend om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-omgewing, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz. Daar is ook 'n potgooi-uitsending deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today", gaan na die groen kolom en klik op 'LUISTER OP DIE WEB'. 'n Heruitsending vind op Maandae om 17:30 UTC op 3 230 kHz. plaas
Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Martin Schwella, ZS4MS, en geredigeer deur George Honiball, ZS6NE.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003